(Go: >> BACK << -|- >> HOME <<)

Gaan na inhoud

Subdwergster

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

’n Subdwergster, soms as "sd" aangetoon, is ’n ster met 'n ligsterkteklas van VI. Hulle is sterre met ’n helderheid van 1,5 tot 2 magnitudes laer as dié van hoofreekssterre van dieselfde spektraaltipe. Op die Hertzsprung-Russell-diagram lê subdwerge onder die hoofreeks.

Die term "subdwerg" is in 1939 geskep deur Gerard Kuiper om te verwys na ’n reeks sterre wat voorheen "tussentydse witdwerge" genoem is.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Croswell, Ken. The Alchemy of the Heavens, (New York: Oxford UP, 1995), bl. 87.