(Go: >> BACK << -|- >> HOME <<)

Gaan na inhoud

Blaar: Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Content deleted Content added
Mjbmrbot (besprekings | bydraes)
k r2.7.1) (robot Bygevoeg: ps:پاڼه
k r2.7.1) (robot Bygevoeg: mrj:Ӹлӹштӓш (ботаника)
Lyn 64: Lyn 64:
[[mg:Ravinkazo]]
[[mg:Ravinkazo]]
[[mk:Лист (ботаника)]]
[[mk:Лист (ботаника)]]
[[mrj:Ӹлӹштӓш (ботаника)]]
[[ms:Daun]]
[[ms:Daun]]
[[nah:Izhuatl]]
[[nah:Izhuatl]]

Wysiging soos op 11:44, 14 Mei 2011

'n Blaar
'n Blaar

'n Blaar is 'n plantorgaan wat aangepas is om sekere belangrike hooffunksies te verrig, soos fotosintese, transpirasie en respirasie. Blare neem sonlig en koolstofdioksied op en die groen blaarselle gebruik dit saam met water om energieryke koolhidrate, byvoorbeeld stysel, deur die proses van fotosintese op te bou. Om dit te kan doen, is die blaarskyf meestal plat sodat dit baie sonlig kan absorbeer, en dun sodat gaswisseling maklik tussen die blaarselle en die atmosfeer kan plaasvind. Blare gee ook waterdamp af deur 'n proses wat as transpirasie bekend staan ('n proses wat voordele en nadele vir 'n plant inhou). Verder gee blare ook koolstofdioksied af en neem dit suurstof op tydens respirasie. Omdat die blaar aan wind en weer blootgestel is, besit dit versterkende weefsel om dit te beskerm en are om dit te versterk en te beskerm. 'n Dorsiventrale blaar is 'n algemene soort blaar waar die bokant verskil van die onderkant.

'n Tipiese enkelvoudige blaar bestaan uit 'n groot, plat deel, die blaarskyf, wat deur middel van 'n blaarsteel aan die stingel van die plant verbind is by 'n knoop. 'n Blaar met 'n blaarsteel heet 'n gesteelde blaar in teenstelling met 'n sittende blaar waar 'n blaarsteel ontbreek, byvoorbeeld dié van jakobregoppe. In die oksel tussen die stingel en die blaar ontwikkel 'n okselknop. Die onderste deel van die blaarsteel, wat aan die stingel vas is, staan bekend as die blaarvoet. Die xileem en floëem van die blaarsteel word in die are van die blaarskyf voortgesit. By die blare van tweesaadlobbige plante kom een of meer hoofare voor. Wanneer een hoofaar met syare voorkom, is die groter are veervormig gerangskik. As 'n hele aantal hoofare onderskei word, is die groter are handvormig gerangskik. By eensaadlobbige plante, byvoorbeeld die grasfamilie, loop die are parallel om 'n parallelarige bearing te vorm.

Die blaarskyf vertoon 'n verskeidenheid vorme, byvoorbeeld ellipties, lintvormig of eiervormig. Soms is dit op verskillende maniere ingesny, byvoorbeeld getand, gegolf of gesaag. Die blare van verskillende plante kan uitgeken word aan hul blaarvorm, blaarrande, blaarpunte, blaarbasisse, bearing, blaarstele, en so voorts. Die kenmerke van blare is 'n belangrike hulpmiddel by die uitkenning en klassifisering van plante, maar is in hierdie opsig nie so belangrik soos die kenmerke van die blomme van die plant nie.

Bronne

  • Senior Biologie, Du Toit, Van Rensburg, Du Toit, Botha, Van der Merwe, Volschenk, Van der Westhuyzen, De Kock, Niebuhr. Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Beperk, 1989.