Wikipedia:Geselshoekie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search


Kom praat met ons, ons kuier lekker saam!
Sien ook:
Verdere hulp:

Vir volledige hulp, riglyne en beleid (algemeen en spesifiek), raadpleeg gerus die

Crystal Clear app file-manager.png
Argief
04-06 2007 2008
2009 2010 2011
2012 2013 2014
2015 2016 2017
2018 2019 2020
2020.2 2021 2022
Hoe word 'n argief aangelê?

Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier: onderteken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon (Handtekening met datum) te kies op die redigeringskieslys.

Ou besprekings word na die argief geskuif (sien die navigasiekas regs). As u 'n gesprek wil voortsit wat reeds in die argief is, word aanbeveel dat u die betrokke dele uitknip en hier plak.

Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.

Vir die jongste nuus van WikimediaZA, besoek gerus ons Facebook bladsy, word lid van die Afrikaanse poslys of besoek ons Tuisblad in Afrikaans

Boodskap van Prof. Braam van Wyk[wysig bron]

Gemeenskap, hier is die antwoord op 'n vraag wat ek aan prof Braam van Wyk gestuur het oor die Nasionale Boom nommers:

Beste Deon (gekopieer aan Erika van den Berg),

Aangename kennis!

Kom ek begin met jou laaste vraag. Geruime tyd reeds verwys ons nie na "nasionale" boomnommers nie, maar na die "FSA-nommer", of bloot net "boomnommer". Om ooglopende redes, soos jy tereg opmerk, is "nasionaal" nie meer van toepassing siende dat Namibië onafhanklik is. Net 'n bietjie agtergrond. Daar is 'n verskil in betekenis tussen die begrippe "flora" en "Flora". Laasgenoemde, met hoofletter, verwys na die standaard taksonomiese behandeling van die flora van 'n gebied. Vir doeleindes van Floras word bepaalde gebiede afgebaken (deur plantkundiges; nie politici nie). So byvoorbeeld is daar die Flora Zambesiaca [FZ]-gebied wat insluit Zimbabwe, Botswana, Mosambiek, Malawi en Zambië. Aan die suidpunt van Afrika is die Flora of Southern Africa-gebied / Flora van Suider-Afrika-gebied ---afgekort FSA-gebied (die Flora is net in Engels beskikbaar; daarom word gewoonlik na die Engelse benaming verwys). Die FSA-gebied dek die RSA, Namibië, Botswana, Eswatini en Lesotho. Let daarop dat Botswana deur beide die FSA en FZ gedek word. Ons kon dus die "nasionale boomnommers" behou vir Namibië deur daarna te verwys as FSA-nommers.

Die standaardpublikasie vir FSA-nommers is die "Saklys van Suider-Afrikaanse Bome" (2014), uitgegee namens die Dendrologiese Vereniging van Suid-Afrika deur Briza Publikasies, Pretoria. Omdat dit 'n hardekopie is, is dit ook nie meer op datum nie. Die lys van boomnommers word vir die Dendrologiese Vereniging op datum gehou deur Erika van den Berg <erika@vdberg.co.za>, aan wie ek hierdie antwoord kopieer. Die lys is ongelukkig nie aanlyn beskikbaar nie. Erika, sal jy asseblief vir Deon die jongste lys van boomnommers stuur? Aangeheg 'n lys met veranderinge sedert die publikasie van die Saklys wat in die mees onlangse uitgawe van Dendron gepubliseer is.

Ek moet ook daarop wys dat die meriete/toekoms van die boomnommers tans onder bespreking is. Daar is verskillende menings oor die saak; onder andere word die vraag gevra of die nommers nog enige doel dien. Toe die nommers in die 1960s die eerste keer toeken is, is dit o.a. gebruik op bome langs nasionale paaie (het gelyk soos nommerplate van voertuie) sodat mens uit jou motor en in die verbyry bome kon identifiseer deur die nommer in die boomlys na te slaan. Die gebruik bestaan lankal nie meer nie (het ook die omgewing ontsier!). Deesdae word naambordjies by plekke soos ruskampe en wandelpaaie op bome geplaas waarop die naam gewoonlik reeds verskyn. Aangeheg 'n nota oor die saak wat ook in die laaste Dendron verskyn het en waarin lede van die Dendrologiese Vereniging gevra word vir hul mening oor die voortgesette gebruik van die boomnommers.

Hoop die inligting help. Laat weet gerus as jy verdere vrae het.

Voorspoed met die werk aan die Wikipedia.

Beste groete

Braam

Sy epos het twee aanhangsels, enige persoon wat na dit wil loer plaas net jou epos adres hier asb! Groete! Oesjaar (kontak) 07:55, 1 Februarie 2022 (UTC)[reply]
Ons artikel Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome sal seker hernoem moet word na iets soos Alfabetiese lys van Suider-Afrikaanse bome. Julle gedagtes asb! Ons kort ook so kort artikeltjie oor FSA-nommers! Groete! Oesjaar (kontak) 08:11, 1 Februarie 2022 (UTC)[reply]
Die nuwe nommers is myns insiens so onbelangrik as die oues en sal met verloop van tyd weens taksonomiese skommelinge weer deurmekaar raak. Dis beter om energie aan die alfabetiese lys te spandeer, deur bv. een vir Suid-Afrika benewens een vir Suider-Afrika te hê. D.w.s. lyste wel belangrik maar nommers 'n ewige beslommernis. JMK (kontak) 00:00, 6 Februarie 2022 (UTC)[reply]

Updates on the Universal Code of Conduct Enforcement Guidelines Review[wysig bron]

Hello everyone,

The Universal Code of Conduct (UCoC) Enforcement Guidelines were published 24 January 2022 as a proposed way to apply the Universal Code of Conduct across the movement. Comments about the guidelines can be shared here or the Meta-wiki talk page.

There will be conversations on Zoom on 4 February 2022 at 15:00 UTC, 25 February 2022 at 12:00 UTC, and 4 March 2022 at 15:00 UTC. Join the UCoC project team and drafting committee members to discuss the guidelines and voting process.

The timeline is available on Meta-wiki. The voting period is March 7 to 21. See the voting information page for more details.

You can read the full announcement here. Thank you to everyone who has participated so far.

Sincerely,

Movement Strategy and Governance
Wikimedia Foundation

Zuz (WMF) (kontak) 09:32, 4 Februarie 2022 (UTC)[reply]

Windkrag[wysig bron]

Windkrag en Windenergie moet versmelt word. Krag en drywing is nie energie nie, maar in hierdie konteks moet dit onder dieselfde hoof val, soos by ander wikipedias. Ons moet dus besluit welke van eersgenoemde twee behou word, wat binne dae van mekaar in 2007 geskep is. Ons het terloops Windkrag, Windenergie, Windenergieaanleg en Windplaas, d.w.s. baie duplikasie. JMK (kontak) 19:59, 6 Februarie 2022 (UTC)[reply]

@JMK: Ek sou sê windkrag, net omdat dit korter is en in die HAT voorkom. ~ Burgert (kontak) 15:04, 8 Februarie 2022 (UTC)[reply]

Leadership Development Task Force: Your feedback is appreciated[wysig bron]

The Community Development team at the Wikimedia Foundation is supporting the creation of a global, community-driven Leadership Development Task Force. The purpose of the task force is to advise leadership development work.

The team is looking for feedback about the responsibilities of the Leadership Development Task Force. This Meta page shares the proposal for a Leadership Development Task Force and how you can help. Feedback on the proposal will be collected from 7 to 25 February 2022.

Best, Zuz (WMF) (kontak) 09:41, 8 Februarie 2022 (UTC)[reply]

Trisa Hugo[wysig bron]

Gemeenskap, is die gemors werklik ensiklopedies van aard? Groete! Oesjaar (kontak) 07:58, 13 Februarie 2022 (UTC)[reply]

Skokkende vandalisme deur CharlotteHall1226644! Ek stel voor ons rol die gemors terug na die goeie versie van Maankind1 in 2018. Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 09:08, 13 Februarie 2022 (UTC)[reply]
Haha, die vrou se kaloolse gewoontes hoort eerder in die Huisgenoot. Groete. Frank (kontak) 10:39, 13 Februarie 2022 (UTC)[reply]
@Oesjaar, Aliwal2012, en Naudefj: Blykbaar het ons 'n klein probleemtjie met vandalisme wat nie betyds raakgesien word nie. Groete. -- Flag of South Africa.svg SpesBona 19:45, 13 Februarie 2022 (UTC)[reply]

Ukraine's Cultural Diplomacy Month: We are back in 2022![wysig bron]

UCDM 2022.png

Please help translate to your language

Hello, dear Wikipedians!

Wikimedia Ukraine, in cooperation with the Ministry of Foreign Affairs of Ukraine and Ukrainian Institute, has launched the second edition of writing challenge "Ukraine's Cultural Diplomacy Month", which lasts from 17 February to 17 March 2022. The campaign is dedicated to famous Ukrainian artists of cinema, music, literature, architecture, design and cultural phenomena of Ukraine that made a contribution to world culture. The most active contesters will receive prizes.

We invite you to take part and help us improve the coverage of Ukrainian culture on Wikipedia!--ValentynNefedov (WMUA) (kontak) 12:56, 21 Februarie 2022 (UTC)[reply]

Wiki Loves Folklore is extended till 15th March[wysig bron]

Please help translate to your language
Wiki Loves Folklore Logo.svg

Greetings from Wiki Loves Folklore International Team,

We are pleased to inform you that Wiki Loves Folklore an international photographic contest on Wikimedia Commons has been extended till the 15th of March 2022. The scope of the contest is focused on folk culture of different regions on categories, such as, but not limited to, folk festivals, folk dances, folk music, folk activities, etc.

We would like to have your immense participation in the photographic contest to document your local Folk culture on Wikipedia. You can also help with the translation of project pages and share a word in your local language.

Best wishes,

International Team
Wiki Loves Folklore

MediaWiki message delivery (kontak) 04:50, 22 Februarie 2022 (UTC)[reply]

SAAWK se nuwe Taalkommissieadviespaneel[wysig bron]

Gemeenskap, sien die aankondiging My naam is ook daar iewers... Hopelik gaan ons 'n verskil kan maak. Groete! Oesjaar (kontak) 14:59, 22 Februarie 2022 (UTC)[reply]

Ek sien 'n boekie kan ook by die Akademie bestel word wat jou raad gee hoe om by Wikipedia betrokke te raak.[1] JMK (kontak) 14:03, 3 Maart 2022 (UTC)[reply]

Coming soon[wysig bron]

- Johanna Strodt (WMDE) 12:38, 28 Februarie 2022 (UTC)[reply]

Ons 20ste verjaarsdag: TV onderhoud[wysig bron]

Gemeenskap, ek loop vandag toevallig 'n opname van die TV onderhoud met my op Groot Ontbyt raak: https://www.youtube.com/watch?v=7Hpc-Vc6qgI Loer maar as julle 'n kansie kry. Groete! Oesjaar (kontak) 18:49, 1 Maart 2022 (UTC)[reply]

Ontginning[wysig bron]

Hallo. Ek wil graag hoor wat ’n beter woord vir "ontginning" (binne die mynbedryf) is? Abrahamvisser (kontak) 09:31, 3 Maart 2022 (UTC)[reply]

Ek weet nie van 'n beter woord nie. "Ontgin" en "ontginning" word gebruik. Goud word ontgin. ~ Burgert (kontak) 09:52, 3 Maart 2022 (UTC)[reply]
Ek wil ook graag weet of ek die ekonomiese data op die "Ekonomie van Suid-Afrika"-blad kan aanvul met die nuutste syfers? (Hoewel ek sukkel nog kwaai met die redigering van die sjablone.) Abrahamvisser (kontak) 09:58, 3 Maart 2022 (UTC)[reply]
Ja, gaan asb. voort daarmee Abraham! Onthou, niks kan gebreek word op die wiki nie. As dit blyk 'n flop te wees, kan jy of 'n ander bydraer dit net terugrol, soos maklik soos dit. Redigering is sports!
NS: Dankie vir jou vrae hier, ons sal jou beslis help. Groete! Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 10:21, 3 Maart 2022 (UTC)[reply]
Ook "eksploiteer", die "geëksploiteerde", "ontgonne" mineraal. En "delf" is beter as "myn", myns insiens. Sand of modder word uit 'n rivier "gebagger". Wat mens in 'n steen- of gruisgroef doen kan julle my vertel. 'n Goeie blokkiesraaiselwoordeboek kan jou help om al die sinonieme te kry, en die verkeerdes te systap. JMK (kontak) 14:15, 3 Maart 2022 (UTC)[reply]

Thank you for your feedback about the Board of Trustees elections[wysig bron]

The Call for Feedback: Board of Trustees elections is now closed. This Call ran from 10 January and closed on 16 February 2022. The Call focused on three key questions and received broad discussion on Meta-wiki, during meetings with affiliates, and in various community conversations. The community and affiliates provided many proposals and discussion points. The reports are on Meta-wiki.

This information will be shared with the Board of Trustees and Elections Committee so they can make informed decisions about the upcoming Board of Trustees election. The Board of Trustees will then follow with an announcement after they have discussed the information.

Thank you to everyone who participated in the Call for Feedback to help improve Board election processes.

Best,

Movement Strategy and Governance

Zuz (WMF) (kontak) 10:19, 3 Maart 2022 (UTC)[reply]

Ekonomie[wysig bron]

Hallo. Ek is tans besig om die Ekonomie van Suid-Afrika by te werk. Voordat ek aankarring, wil ek net jul gedagtes toets. In die afdeling oor Internasionale handel en buitelandse beleggings wil ek nogal skerp verander. Soos dit nou daarna uitsien kom Suid-Afrika nie sonder die Duitse regering klaar nie. Wat nie meer die geval is nie. Internasionale handel het aanbeweeg van bilaterale verhoudings en word in hierdie era van laatkapitalisme suiwer deur maatskappye gedryf. Ek wil dus voorstel dat die afdeling hernoem word na: Internasionale handel (dus sonder buitelandse beleggings). Buitelandse beleggings kan 'n afsonderlike afdeling word. Onder die afdeling vir Internasionale handel stel ek dan die volgende onderafdelings voor: Afrika, Asië, Australasië, Europa, Noord-Amerika en Suid-Amerika.

Verder wil ek ook voorstel dat die afdeling vir Arbeidsmag aangepas word. In plaas van die huidige onderafdelings, wil ek die volgende voorstel: Informele arbeid, Formele arbeid, Opleiding van arbeidsmag.

Ek hoor graag van julle. Abrahamvisser (kontak) 16:37, 3 Maart 2022 (UTC)[reply]

Artikel lyk verouderd. Gaan gerus voort. Sobaka (kontak) 17:31, 3 Maart 2022 (UTC)[reply]

Flora van Namibië[wysig bron]

Met die bywerking van Witkaree het die Kategorie:Flora van Namibië nou 200 inskrywings! Ons groei! Oesjaar (kontak) 19:00, 3 Maart 2022 (UTC)[reply]

Van groei gepraat, ek het nou ook persoonlik 7 000 nuwe Afrikaanse artikels geskep, en mik vir my 10de verjaarsdag hier 31 Maart.
Groete, --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 19:15, 3 Maart 2022 (UTC)[reply]
7000 op Afrikaans? En jou bydraes op Sotho, kan nie onthou noord of suid nie! Geluk Aliwal! Min mense besef wat dit neem om die mylpale te behaal. Groete!Oesjaar (kontak) 19:20, 3 Maart 2022 (UTC)[reply]
3995 op Noord-Sotho. Stem saam met jou opmerking oor mylpale! Dan het ek nog 'n vrot stadige skootrekenaar, so frustrerend, moes nooit na Windows 11 opgegradeer het nie!! --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 19:35, 3 Maart 2022 (UTC)[reply]

Sjoe[wysig bron]

Is daar iets fout met Wikipedia, of is dit net my fantastiese skootrekenaar wat vandag fantastieser as gewoonlik is? ~ Burgert (kontak) 09:53, 4 Maart 2022 (UTC)[reply]

Ek het ook daai "toetspatroon" gekry wat sê: Wikimedia servers under maintenance. Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 10:30, 4 Maart 2022 (UTC)[reply]
Nee, dit was net verskriklik stadig, maar dit lyk my / ek hoop dis nou beter. ~ Burgert (kontak) 10:38, 4 Maart 2022 (UTC)[reply]
Miskien word al die wêreld se bandwydte tans in Rus/Ukr ingespan! Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 10:47, 4 Maart 2022 (UTC)[reply]
NS het jy al jou Amazon-voucher v.d. 2021-skryfkompetisie gebruik? Myne van R500 lê maar nog rond.
Ek het maar e-boeke begin koop, want ek het twee bewyse gehad wat rondlê. ~ Burgert (kontak) 12:19, 4 Maart 2022 (UTC)[reply]
Ja, die afgelope twee dae het Wikipedia 'n paar verrassinkies... Groete! Oesjaar (kontak) 11:28, 4 Maart 2022 (UTC)[reply]

Somme[wysig bron]

Die covid-stertes in SA per 1 miljoen is 1 698,[2] d.w.s. 170 per 100 000, of 481 per 100 000.[3] Hoe bring mens hierdie syfers bymekaar uit? JMK (kontak) 15:27, 4 Maart 2022 (UTC)[reply]

Die Afrikaanse Wikipedia en die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns[wysig bron]

Gemeenskap, ek dien reeds van 2014 op die raad van die Wikimedia ZA Chapter as direkteur en my portefeulje is Afrikaans. Iewers gedurende die tyd het ek soort van die leiding geneem hier op ons Wikipedia om te verseker dat ons meer doelgerig kan werk. Gedurende die tydperk het ek meer en meer besef dat ons die dienste van 'n administratiewe persoon benodig om te help met die dinge buite die normale gebruiker (julle) se verwysingsraamwerk. Behalwe die admin persoon, benodig die Afrikaanse Wikipedia ook 'n fisiese adres, sigbaarheid, iets meer tasbaars... Na ons 20ste verjaarsdag by die SAAWK het ek besluit op 'n plan van aksie en samesprekinge gehou met Prof. Anne-Marie Beukes, die HUB van die Akademie. Ek het gevra of ons iewers daar in hulle gebou 'n banier kan plaas wat min om meer as volg sal lees: Hierdie is die tuiste van die Afrikaanse Wikipedia. Vir meer inligting skakel/epos xxxxx ens. Tweedens het ek gevra of die Afrikaanse Wikipedia een van hulle administratiewe persone kan gebruik op 'n deeltydse basis, teen 'n fooi natuurlik. Die Wikimedia Stigting sal die koste dra via die ZA Chapter.

Die SAAWK het na 'n Raadsvergadering my laat weet dat hulle beide voorstelle verwelkom en goedgekeur het en groot sinergie saam met ons sien! Ek is tans besig om 'n werkbeskrywing op te stel. Vir die rekord, die Voorsitter van die SAAWK se raad is prof. Oppel Greef. Die Akademie het tans oor die 900 lede waarvan almal doktors en professors is, dink net as ons die klompie aangeskakel kan kry!

Uiteraard sal daar opleiding vir die admin persoon wees oor Wikipedia, daar sal nie verwag word dat die persoon artikels moet skep nie. Van die take wat so 'n persoon sal verrig is om opleidingsessies te reël, pryse vir mylpale bereik (bv 5000, 6000 artikels/sjablone 100,000 wysigings ens) deur ons gebruikers te reël, baniere hier op ons eie Wikipedia, kommunikasie vanaf en met die Stigting en sy gebruikersgroepe te behartig, kommunikasie met gebruikers, ons te waarsku as sy/hy vandalisme gewaar, ens.

Ek vra julle goedkeuring om voort te kan gaan met die plan en tweedens soek ek voorstelle vir die banier wat binne die SAAWK se kantoor geplaas moet word. Sien dit as 'n gemeenskapsprojek.

Groete! Oesjaar (kontak) 18:40, 6 Maart 2022 (UTC)[reply]

Symbol support vote.svg Ondersteun Ek stem heelhartig saam hiermee, dit was lankal nodig. Beaam en bekragtig!
Dankie ook aan die Akademie vir hul bereidwilligheid om saam te werk, dis 'n pluimpie vir die Afrikaanse Wikipedia! Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 19:25, 6 Maart 2022 (UTC)[reply]
Symbol support vote.svg Ondersteun Goeie inisiatief Sobaka (kontak) 19:41, 6 Maart 2022 (UTC)[reply]
Symbol support vote.svg OndersteunHierdie is ’n wonderlike inisiatief! Buiten vir die banier (ek is werklik nie goed met sulke dinge) nie, laat weet asb waarmee ek kan help. En nogmaals geluk en dankie vir al julle uithouerhande hier op Wikipedia. Julle het wondere oor die jare verrig. Abrahamvisser (kontak) 07:20, 7 Maart 2022 (UTC)[reply]
Symbol neutral vote.svg Neutraal Solank daar geen eksterne outoriteite oor ons aangestel word nie het ek nie 'n probleem daarmee nie. En solank daar nooit van die Akademie se kant template voorgestel word waarvolgens ons moet werk nie. Wikipedia het sy eie reëls, vryhede en outoriteite (slegs as verwysings), goeies, minder goeies, en hopelik nie slegtes nie. JMK (kontak) 11:38, 7 Maart 2022 (UTC)[reply]
En miskien sal dit goed wees om 'n memorandum op te stel wat 'n onderskeid tref tussen alle skenkings van die Akademie aan Afrikaanse Wikipedia (bv. verskaf van kantoorruimte, elektrisiteit, rekenaar, of nie) en die aspekte wat deur ZA Chapter befonds word, bv. salaris en posbeskrywing. JMK (kontak) 10:18, 11 Maart 2022 (UTC)[reply]
En werknemers het deesdae baie regte. As die werknemer oor iets ongelukkig raak, moet dit duidelik gemaak word dat dit die Akademie se werknemer is en dit 'n saak tussen hulle en die CCMA is. Die sinergie wat die Akademie sien moet ook uitgestippel word. Wikipedia se gewone sinergie is dat 'n skenking (tyd, energie, geld, ens.) uitloop op 'n vrye, gratis, deursigtige ensiklopedie sonder vooroordele of kickbacks. Die enigste voordeel vir 'n skenker is dus laasgenoemde, en daar moet nie verwarring oor wees nie. "Hierdie [*] is die tuiste ..." is terloops nie korrekte Afrikaans nie, want daar kort iets by die sterretjie. Miskien beter om te sê: "Welkom by ..." JMK (kontak) 07:33, 14 Maart 2022 (UTC)[reply]
JMK, daar sal 'n ooreenkoms wees en die Wikipedia reëls en vyf pilare bly net so! Die ooreenkoms is met die Akademie, juis om die arbeid wet dinge te vermy! Die Akademie is bekommerd dat geen tegniese artikel meer in Afrikaans geskryf word nie (behalwe ons Wikipedia) vandat daar nie meer Afrikaanse handboeke in universiteite is nie. Ek sal verseker dat ons nie die babatjie met die badwater uitgooi nie! Dankie vir jou bekommernis, dit is nodig! Groete! Oesjaar (kontak) 14:50, 14 Maart 2022 (UTC)[reply]

Geluk aan Burgert![wysig bron]

Geluk aan Burgert wat vandag verjaar! Ons vertrou jy gaan 'n lekker dag hê! Groete! Van ons almal!

Invitation to Hubs Global Conversation[wysig bron]

Hello!

The Movement Strategy and Governance team of the Wikimedia Foundation would like to invite you to the next event about "Regional and Thematic Hubs". The Wikimedia Movement is in the process of understanding what Regional and Thematic Hubs should be. Our workshop in November was a good start (read the report), but we're not finished yet.

Over the last weeks we conducted about 16 interviews with groups working on establishing a Hub in their context (see Hubs Dialogue). These interviews informed a report that will serve as a foundation for discussion on March 12. The report is planned to be published on March 9.

The event will take place on March 12, 13:00 to 16:00 UTC on Zoom. Interpretation will be provided in French, Spanish, Arabic, Russian, and Portuguese. Registration is open, and will close on March 10. Anyone interested in the topic is invited to join us. More information on the event on Meta-wiki.

Best regards,

Movement Strategy and Governance

Zuz (WMF) (kontak) 09:56, 8 Maart 2022 (UTC)[reply]

Universal Code of Conduct Enforcement guidelines ratification voting open from 7 to 21 March 2022[wysig bron]

Hello everyone,

The ratification voting process for the revised enforcement guidelines of the Universal Code of Conduct (UCoC) is now open! Voting commenced on SecurePoll on 7 March 2022 and will conclude on 21 March 2022. Please read more on the voter information and eligibility details.

The Universal Code of Conduct (UCoC) provides a baseline of acceptable behavior for the entire movement. The revised enforcement guidelines were published 24 January 2022 as a proposed way to apply the policy across the movement. You can read more about the UCoC project.

You can also comment on Meta-wiki talk pages in any language. You may also contact the team by email: ucocproject(_AT_)wikimedia.org

Sincerely,

Movement Strategy and Governance

Zuz (WMF) (kontak) 11:59, 9 Maart 2022 (UTC)[reply]

Oesjaar se Fynbos (en ander) projek[wysig bron]

Gemeenskap, ek gaan nou eers halt roep met al die plant artikels van die afgelope amper twee jaar. Dit het begin toe Gebruiker:Burgert_Behr sy Tafelberg-artikel geskryf het met baie rooi skakels na plante. Toe het ek opgemerk dat ons fynbos versameling maar skraal was. Dit is nou aansienlik beter met meer 2300 skakels na fynbos, dubbel wat die Engelse Wiki het! Ek het net nog so paar notas wat ek wil opvolg oor plante wat ek gemaak het. Dan weer tyd vir 'n paar tegniese artikels! Groete! Oesjaar (kontak) 14:17, 14 Maart 2022 (UTC)[reply]

Wiki Loves Folklore 2022 ends tomorrow[wysig bron]

Wiki Loves Folklore Logo.svg

International photographic contest Wiki Loves Folklore 2022 ends on 15th March 2022 23:59:59 UTC. This is the last chance of the year to upload images about local folk culture, festival, cuisine, costume, folklore etc on Wikimedia Commons. Watch out our social media handles for regular updates and declaration of Winners.

(Facebook , Twitter , Instagram)

The writing competition Feminism and Folklore will run till 31st of March 2022 23:59:59 UTC. Write about your local folk tradition, women, folk festivals, folk dances, folk music, folk activities, folk games, folk cuisine, folk wear, folklore, and tradition, including ballads, folktales, fairy tales, legends, traditional song and dance, folk plays, games, seasonal events, calendar customs, folk arts, folk religion, mythology etc. on your local Wikipedia. Check if your local Wikipedia is participating

A special competition called Wiki Loves Falles is organised in Spain and the world during 15th March 2022 till 15th April 2022 to document local folk culture and Falles in Valencia, Spain. Learn more about it on Catalan Wikipedia project page.

We look forward for your immense co-operation.

Thanks Wiki Loves Folklore international Team MediaWiki message delivery (kontak) 14:40, 14 Maart 2022 (UTC)[reply]

Leadership Development Working Group: Apply to join! (14 March to 10 April 2022)[wysig bron]

Hello everyone,

Thank you to everyone who participated in the feedback period for the Leadership Development Working Group initiative. A summary of the feedback can be found on Meta-wiki. This feedback will be shared with the working group to inform their work. The application period to join the Working Group is now open and will close on April 10, 2022. Please " class="extiw" title="m:Special:MyLanguage/Leadership Development Working Group/Purpose and Structure">review the information about the working group, share with community members who might be interested, and apply " class="extiw" title="m:Special:MyLanguage/Leadership Development Working Group/Participate">here if you are interested.

Best, Zuz (WMF) (kontak) 15:43, 15 Maart 2022 (UTC)[reply]